‘N KINDERSTEM

Carter Conlon

In die boek Lukas, sien ons weer ‘n tydperk waarin die samelewing in totale onrus verval het. Mense het geskreeu vir invloed en gesag en die plek waar die getuienis van God fisiek gewoon het, was beheer deur ‘n buitelandse mag.

Ek is seker daar was gebedsbyeenkomste en mense wat uitgeroep het tot God, want daar was godsdienstige en toegewyde mense in daardie geslag. Terwyl almal egter ‘n beeld in hulle kop gehad het oor hoe die krag van God moes lyk, het iets skielik op die toneel verskyn wat nie verstaan kon word nie.

DIE FLUISTERING IN ‘N KRIP

Niemand het verwag dat God Sy mag sou toon en vir Sy mense krag sou gee om voort te gaan op die manier wat Hy dit gedoen het nie. Te midde van al die stemme, die dreun-sang van godsdienstiges, het die krag van God verskyn – en dit was ‘n kind se stem! Dit was nie die wind, die vuur of aardbewing nie – dit was ‘n fluistering in ‘n krip. Wie was egter in staat om dit te hoor?

Die godsdienstiges kon dit nie hoor nie. Die raakvatters kon dit nie hoor nie. Die selfgerigtes kon dit nie hoor nie; ook nie die Romeine wat van voorneme was om met alle mag te heers nie. En daarom het God na ‘n paar herders in ‘n veld gegaan, die sluier tussen tyd en ewigheid oopgebreek en die engele gestuur om uit te bars in lofgesange, “Eer aan God in die hoogste hemele! Vrede op aarde, in die mense ‘n welbehae!” (sien Lukas 2:13-14). Met ander woorde, “Alles waarna jy ooit verlang het, het gekom.”

WEES STIL SODAT JY KAN HOOR

Daardie herders het opgestaan en na die krip gegaan, net om niks meer as ‘n baba se fluister daar te vind nie. Dit sou ‘n stem wees wat so sag was dat almal stil sou moes wees om dit te kon hoor. Op die ou end egter, het “die herders ...teruggegaan en God verheerlik en geprys oor alles wat hulle gehoor en gesien het, net soos aan hulle gesê is” (Lukas 2:20).

In die natuurlike, sou dit as dwaasheid beskou word! Maar die kalm, sagte stem was die krag van God wat weereens aan die mense bekend gemaak is.

 

 

Carter Conlon het aangesluit by die pastorale personeel van Times Square Church in 1994 op uitnodiging van die stigterspastoor, David Wilkerson en was aangestel as Senior Pastoor in 2001.