GODSDIENS HAAT

Gary Wilkerson

Omdat ek wil hê al die mense van die wêreld moet die werklikheid van Jesus ken, spandeer ek baie tyd om deur die wêreld te reis met bediening. En dan, wanneer ek terugkeer huistoe, bid ek dat elke Christen ook Jesus sal ken!

Ek hoop jy het daardie grappie gesnap – maar ek hoop ook dat jy weet ek skerts net gedeeltelik. Ons lewens as volgelinge van Christus handel nie oor ‘n identifiseerbare godsdiens nie, maar oor ‘n kenbare Persoon, Jesus. Daar is ‘n groot verskil.

Die Bybel leer ons dat daar drie dinge is wat teen ons werk in ons wandel met Christus: die wêreld, ons vlees en die duiwel (sien Efésiërs 6:12). Ek wonder, “Waarom is godsdiens nie ingesluit by daardie lys nie, omdat dit ook teen ons verhouding met Jesus werk.” Toe besef ek godsdiens is in al drie!

As ek die woord “godsdiens” gebruik, bedoel ek eintlik godsdienstigheid. Dit is die idee dat ons godsdiens – ons teologiese gelowe en praktyke – in die middelpunt van ons lewens plaas, pleks van die liefdevolle God. Dit is in Jesus wat ons lewe, asemhaal en bestaan, nie in ‘n stelsel van gelowe of werke nie.

Wanneer jy op daardie manier daarna kyk, word godsdiens ‘n uitdrukking van ons vlees, wat beteken ons sondige natuur. Ons vlees gebruik godsdiens as ‘n front om bekering te weerstaan en ons te laat goed voel oor onsself. My Oom Don Wilkerson noem dit “voor-afvalligheid.” Afvalligheid is wanneer mense afvallig raak van Jesus deur hulle te wend na ernstige sondes: Voor-afvalligheid is afvallig raak in die ander rigting en ons wend na godsdiens en weg van van Jesus af.

Laat ons dit erken, om godsdienstig te wees kan baie meer gemaklik wees as om vol van Jesus se liefde te wees, net omdat om deur Sy liefde gelei te word, ons ‘n bietjie gek kan laat lyk vir die wêreld.

Moet my asseblief nie verkeerd verstaan wanneer ek sê, ek haat godsdiens nie. Wat ek bedoel is, ons moet daardie dinge haat wat lei tot geestelike dood eerder as ware lewe in Christus. Om godsdiens te haat, beteken nie jou vlees liefhê nie; dit beteken om Jesus meer lief te hê.