DIE BRON VAN ALLES WAT ONS NODIG HET

David Wilkerson

Min Christene twyfel dat Jesus hulle bron is, maar hulle het nie altyd die vertroue en versekerdheid dat Hy wel vir hulle sal gee wat hulle nodig het nie. Hier is ‘n paar wonderlike verse oor die Here se besorgdheid oor jou:

Hy ken al jou persoonlike behoeftes. “Want jul Vader weet wat julle nodig het voordat julle Hom vra” (Matthéüs 6:8).

“En my God sal elke behoefte van julle vervul na sy rykdom in heerlikheid deur Christus Jesus” (Filippense 4:19). Aan jou word belowe, “In Christus is al die rykdom van heerlikheid. In Jesus het God vir jou alles geskenk wat tot die lewe en godsvrug dien.”

God gee werklik vir jou om en Hy word deur jou behoefte aangeraak. “Werp al julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle” (1 Petrus 5:7). Die Griekse betekenis hier is, “Jy maak vir Hom saak.” Dit mag dalk vir jou moeilik wees om dit te verstaan gedurende jou lang beproewing. Maar selfs nou, stel God baie belang in elke saak wat jou lewe raak: jou werk, familie, kinders, verhoudings en gesondheid.

“Julle geloofsvertroue moet julle dus nie prysgee nie: dit hou groot beloning in” (Hebreërs 10:35). God sê, “Hou vas aan jou vertroue, want Ek is ‘n beloner.” Eenvoudig gestel: “Dit betaal om vas te byt.” “En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en ‘n beloner is van die wat Hom soek” (Hebreërs 11:6).

Wil jy Christus werklik behaag? Gee Hom dan al jou vertroue. Hou vas en moenie twyfel nie. En onthou Sy belofte aan jou:

“En wie deur My vrygespreek is omdat hy glo, sal lewe; maar as hy terugdeins, het Ek aan hom niks meer nie. Maar ons is nie van dié wat terugdeins en verlore gaan nie; nee, ons glo en ons sal lewe” (Hebreërs 10:38-39).