CHRISTUS SE HUIDIGE GROOTHEID

David Wilkerson

Die Skrif sê dat ons voorsien word van dieselfde energieke, opstandingslewe wat in Christus is: “En as die Gees van Hom wat Jesus uit die dode opgewek het, in julle woon, dan sal Hy wat Christus uit die dode opgewek het, ook julle sterflike liggame lewend maak deur sy Gees wat in julle woon” (Romeine 8:11). Hy vul ons sterflike liggame fisies met krag deur die energie van God.

Ons geloof moet eenvoudig verder strek as die randjie van die dood. Ons moet alles wat dood is, konfronteer en verklaar, “Jesus gee nooit moed op met dit wat skynbaar dood is nie.” Ons het ‘n geloof nodig wat weier om met enigiets of enigiemand moed te verloor, dit maak nie saak hoe hopeloos die situasie lyk nie.

Christus sal ons met sy krag verstom. Trouens, as jy vashou aan ‘n onwankelbare geloof, sal jy ‘n heerlike openbaring van sy opstandingslewe beleef. Net jy en die Here sal weet van al die diepgaande werkinge van sy wonderwerk, maar Hy sal jou verbaas en opgewonde maak wanneer Hy sy groot heerlikheid aan jou wys.

“En julle, wat dood was deur die misdade en die onbesnedenheid van julle vlees, het Hy saam met Hom lewend gemaak” (Kolossense 2:13).

“Maar God...het ons deur sy grote liefde waarmee Hy ons liefgehad het, ook toe ons dood was deur die misdade, lewend gemaak saam met Christus” (Efésiërs 2:4-5).

“Dit is die Gees wat [ons] lewend maak” (Johannes 6:63). “Die laaste Adam [het] ‘n lewendmakende gees [geword]” (1 Korinthiërs 15:45).

Hoe duidelik is sy boodskap aan ons! Die Heilige Gees woon in ons om konstante lewe in ons voort te bring. Dit is Christus se huidige grootheid.