GAAN JY STEEDS BIDUUR TOE?

Carter Conlon

“En ná verloop van die jaar, teen die tyd dat die konings uittrek, stuur Dawid Joab en sy dienaars saam met hom uit en die hele Israel. En hulle het die land van die kinders van Ammon verniel en Rabba beleër, terwyl Dawid in Jerusalem gebly het” (2 Samuel 11:1).

Hierdeur het die ineenstorting van goddelike orde begin: Dawid het begin om ander mense na die oorlog te stuur, terwyl hy by die huis gebly het. Dit was asof hy gedink het hy het lank genoeg geveg; hy het genoeg oorwinnings behaal. Miskien wou hy net stop en vir ‘n rukkie die rose ruik.

Ek kan sekerklik identifiseer met dit wat Dawid moes gevoel het. Ek het my oomblikke in my lewe gehad waar ek gewonder het, “God, hoe lank moet ek hierdie las dra? Ek veg al vir so lank. Kan ek nie bloot dinge geniet vir ‘n seisoen nie?”

Dit is ‘n algemene stryd onder God se kinders, veral hier in Amerika. Ek kan nie help om te dink oor hoe ons grootliks weggedoen met die biduur en die persoonlike werk van God – persoonlike heiligheid; persoonlike evangelisasie. Ons gee ons tien of twintig dollars per maand om die paar sendingfamilies wat ons uitstuur te ondersteun, en dit het ons bydrae tot die werk van God geword. In die tussentyd, het ons opgehou om na die biduur te gaan. Ons kies ‘n maklike pad en sê, “God, U het ons geseën en wonderlike oorwinnings vir ons behaal. U Naam word steeds geëer; sommige stemme praat steeds namens U, so ek dink ek gaan by die huis bly. Ek gaan net bietjie rus omdat ek die hele dag lank gewerk het. Waarom moet ek uitgaan en bid?” Ons neem aan dat iemand anders êrens die stryd verder sal neem. Wanneer ons egter die biduur verlaat, begin ons agteruitgang.

Die Bybel gaan voort om vir ons te sê wat gebeur het nadat Dawid gekies het om by die huis te bly in plaas van om oorlog toe te gaan. “En teen die aand, toe Dawid van sy bed opgestaan het en op die dak van die paleis wandel, sien hy van die dak af (of vandag sou ek kon sê, “van die internet af”) ‘n vrou wat besig was om ‘n bad te neem; en die vrou was baie mooi van aansien” (2 Samuel 11:2).

Dawid het op die ou end toegegee aan sy begeerte en selfbevrediging — nog ‘n beeld van wat in ons dae gebeur.

Carter Conlon het aangesluit by die pastorale personeel van Times Square Church in 1994 op uitnodiging van die stigterspastoor, David Wilkerson en was aangestel as Senior Pastoor in 2001.