DIE AANDAG VAN ‘N VERLORE GESLAG KRY

David Wilkerson

Tydens Sy laaste oomblikke saam met die dissipels voor Sy kruisiging, het Jesus gewaarsku, “Sommige van julle sal verwerp word, sommige in die tronk gooi word, sommige sal doodgemaak word. Almal van julle sal vervolg word” (sien Johannes 16:2). Wat ‘n afskeidsboodskap!

Jesus het terselftertyd ook vir hulle ‘n woord van leiding gegee oor hoe om hulle geslag te bereik nadat Hy weg is. Hierdie leiding het niks te doen gehad met metodes van evangelisasie nie. Jesus het reeds vir die dissipels gesê hulle moes die hele wêreld ingaan en die evangelie verkondig, en dit was duidelik dat hulle die krag van die Heilige Gees nodig sou hê om dit te doen.

Jesus het prontuit vir hulle gesê, “As julle hierdie nuwe gebod gehoorsaam, sal alle mense weet wie julle is. En hulle sal presies weet waar julle staan. Hulle mag julle haat, julle fanaties noem en julle uit hulle sinagoges ban, maar hulle sal weet dat julle Myne is.”

Jesus se bevel aan sy dissipels was as volg: “’n Nuwe gebod gee Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê; soos Ek julle liefgehad het, moet julle ook mekaar liefhê” (Johannes 13:34, my kursief). Dit is nie ‘n keuse nie; dit is Jesus se gebod. En dit is waar elke evangelisasie poging moet begin.

Jy sien, die Skrif maak dit duidelik dat ons die hongeres moet voed en die kerk sal dit altyd getrou doen. Ons is veronderstel om talle goeie werke te doen, waardeur ons Christus vrymoedig verkondig. Maar om deur hierdie “groot duisternis” te dring, moet ons hierdie nuwe gebod van Jesus vasgryp. Christus verduidelik: “Hieraan sal almal weet dat julle my dissipels is, as julle liefde onder mekaar het” (13:35, kursief myne).

Volgens Jesus, sal net hierdie spesifieke liefde – ‘n liefde vir medegelowiges – die aandag van ‘n verlore geslag trek. Dit is dieselfde soort selfverloëning, opofferende liefde wat Jesus aan elkeen van ons openbaar. En sulke liefde vir ons familie in Christus mag nie net in woord alleen nie, maar ook in daad ook toegepas word.