IN STAAT OM STAANDE TE BLY IN DIE STORM

David Wilkerson

Die duiwel het ‘n groot vrees vir die Here se teenwoordigheid in ons lewens. Hy sidder aan die gedagte van ‘n gelowige se nabyheid aan Jesus. So, wanneer sy duiwelse hordes jou sien gebede uitspreek en nader tot in die teenwoordigheid van jou hemelse Vader, dan neem die hel kennis daarvan: “Die Here is met hierdie gelowige. Hy het die goddelike teenwoordigheid verkry. Wat kan ons nou teen Hom doen?”

Satan sal enigiets in sy vermoë doen om jou te beroof van die Here se teenwoordigheid. Dit is waarom hy soveel keer probeer om jou siel besig te hou met bekommernisse oor die toekoms.

Eenvoudig gestel, die vyand van jou siel wil jou tap van al jou krag. Daarom sal hy enigiets wat hy kan, selfs “goeie” dinge, gebruik om jou daarvan weg te hou om tyd alleen saam met Jesus deur te bring. Hy weet dat jou tyd saam met Christus jou in staat stel om vrees en angs te weerstaan, selfs in kommerwekkende tye.

Die hele wêreld is daarvan bewus dat ons baie moeilik tye beleef en ons as gelowiges, kom elkeen te staan voor ‘n belangrike vraag: “Hoe naby is ek aan Jesus in hierdie uur?”

Ek glo dat wanneer alle dinge deurmekaar is, is die kragtigste getuienis van ‘n Christen om algehele vrede te hê. Terwyl die res van die samelewewing paniekbevange is – moedeloos word en in sommige gevalle sterf van vrees – sal die biddende gelowige voortdurend sterker word. Dit sal so wees omdat daardie goddelike dienaar meer en meer bemoediging van die Heilige Gees ontvang. Die Bybel praat van dit wat nie geskud kan word nie!

As jy in staat wil wees om standvastig in die storm te wees, is die Skrif se raad bloot: Jy moet die Here se teenwoordigheid in jou daaglikse lewe besit.

Hoeveel kwaliteit tyd bring jy alleen saam met Jesus deur? Groei jy nader aan Hom met elke dag wat verbygaan? Bid jy sonder ophou – deur stilweg tot Hom uit te roep dwarsdeur die dag en aand? Hy belowe om jou geroep te hoor, selfs wanneer ons in swakheid uitroep.