Moed om die Vyand in die Oë te Kyk

Carter Conlon

Jesus het eenkeer gesê, “Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê” (Johannes 10:10).

Ek en jy kyk ook vandag ‘n dief in die oë – een wat gekom het om ons toekoms, ons families, ons blydskap, ons hoop en ons effektiwiteit op die aarde te steel. Jesus herinner ons egter dat Hy vir ons ‘n weg gemaak het om ‘n oorvloedige lewe te hê. En daarom moet ons verstaan dat ons die mag het om die vyand agter te laat.

Is Jy Vol Moed?

David Wilkerson (1931-2011)

Ten spyte van al die gepraat in die kerk oor geestelike oorlogvoering, het te veel Christene nog nie geleer hoe om die vyand te weerstaan nie. Trouens, min gelowiges weet hoe om op te staan en te veg en hulle word regte papperds vir die duiwel.