God Het Jou Nie Oorgeslaan Nie by David Wilkerson

Dit is tyd om met God reg te maak.

Dit is tyd om met God reg te maak.

by David Wilkerson |

    PDF     TXT   Print  Print

"Kyk nou is dit die regte tyd, nou is dit die dag van redding” (2 Korintiers 6:2).

Hierdie boodskap is vir almal wat afvallig geword het van die Here. Hierdie woord “afvallig” beteken om jou rug te draai, weg te keer, om jou geloof te misken teenoor die Here. Volgens Paulus wat die bostaande vers geskryf het, “nou is dit die dag van redding,” met ander woorde: As jy ooit van plan was om te glo dan is dit nou die tyd.”


Die Mens se donkerste uur, is God se geleentheid om sy Krag te openbaar.

Die Mens se donkerste uur, is God se geleentheid om sy Krag te openbaar.

by David Wilkerson |

    PDF     TXT   Print  Print

In Johannes 2 sien ons dat Jesus en sy dissipels na ‘n bruilof in Kana genooi is. Klaarblyklik was Jesus se familie ook genooi, want sy moeder was ook daar. Maria het vir Hom kom sê: “Die gasheer se wyn is op.”

Jesus se reaksie teenoor sy moeder was snaaks. Hy het vir haar gesê: “My uur het nog nie gekom nie.”

Wat was hierdie uur waarna Jesus verwys? Hy het nie van die oomblik van duisternis, wat Hom drie jaar later sou oorval, gepraat nie. Met sy kruisiging het Jesus gesê: “My uur het gekom.”


Die Toorn van Satan sal God verheerlik

Die Toorn van Satan sal God verheerlik

by David Wilkerson |

    PDF     TXT   Print  Print

Die Psalmis skryf: “die grimmigheid van die mens moet U loof” (Psalm 76:11). Volgens hierdie vers, sal die grimmigheid van die kwaaddoeners eendag verander word om die Almagtige God te prys. Hoe wonderlik sal dit wees: die tonge van boosdoeners sal slegs in staat wees om die Here te loof en Hom te herken as Heer!


Hoop - die verwagting van iets beter

Hoop - die verwagting van iets beter

by David Wilkerson |

    PDF     TXT   Print  Print

Ons hoor dikwels van hoop – ondermeer van politici, in menige boeke, op band en ook in ander media. Wat ons wel aangebied vind in elk van dié boodskappe blyk van korte duur te wees.

Hierdie boodskappe laat ons aangespoor en bemoedig voel. Inderdaad mag ons vir ‘n seisoen ons self verfris en hoopvol vind.

Die hele wêreld smag na ‘n versekerde hoop. Die menigdes ooral in die wêreld se innerkreet op hierdie oomblik is “ Sal iemand, iewers, assebleif aan my hoop gee, ‘n hoop wat sal volhou”.


Vrymoedigheid om in God

Vrymoedigheid om in God

by David Wilkerson |

    PDF     TXT   Print  Print

“Terwyl ons dan, broeders, vrymoedigheid het om in die heiligdom in te gaan deur die bloed van Jesus op die nuwe en lewende weg wat Hy vir ons ingewy het deur die voorhangsel heen, dit is sy vlees … laat ons toetree met ‘n waaragtige hart in volle geloofsversekerdheid” (Hebreërs 10:19,20,22).

Daar is twee kante aan God se werk op Golgota. Die een kant is die oordeel vir die mens en die ander kant is die voordeel vir God. Die een bevoordeel die sondaar die ander bevoordeel die Vader.


Om sonder vrees te leef

Om sonder vrees te leef

by David Wilkerson |

    PDF     TXT   Print  Print

“Geloofd sy die Here … omdat Hy sy volk besoek het en vir hulle verlossing teweeggebring het, en ‘n horing van heil vir ons opgerig het … soos Hy gespreek het deur die mond van sy heilige profete van ouds af – redding van ons vyande … om barmhartigheid te bewys aan ons vaders en aan sy heilige verbond te dink;

“Aan die eed wat Hy gesweer het vir Abraham, ons vader, om aan ons te gee dat ons, verlos uit die hand van ons vyande, Hom sonder vrees kan dien, in heiligheid en geregtigheid voor Hom, al die dae van ons lewe” (Lukas 1:68-75).


‘n Christen se Reaksie op Rampe

‘n Christen se Reaksie op Rampe

by David Wilkerson |

    PDF     TXT   Print  Print

‘n Onlangse, landswye radio inbel program, het twee uur gewy aan ‘n bespreking van die boek Openbaring. Die omroeper het die volgende vrae aan sy luisteraars gestel: “Glo jy dat al die onlangse rampe God se oordeel oor ons volk se sonde is? Dink jy dat die voorspellings in die boek Openbaring nou volvoer word? Glo jy dat ons in die eindtyd lewe?”


Wat gebeur met die kerk as predikers nie meer teen sonde preek nie.

Wat gebeur met die kerk as predikers nie meer teen sonde preek nie.

by David Wilkerson |

    PDF     TXT   Print  Print

U ken waarskynlik die verhaal van Dawid en sy owerspel met Batseba, en haar gevolglike swangerskap. Die oomblik dat sy bewus geword het van haar toestand het sy vir Dawid ‘n nota gestuur: “Ek is swanger.”

Toe Dawid die boodskap kry, het hy paniekerig geraak. Sy reputasie as ‘n godvresende opregte man was in gevaar. Hy was ‘n man wat meer as 3,000 psalms en geestelike liedere geskryf het. Hy was God se vegter wat Israel se vyande verslaan het. Hy het aan die wêreld getoon, wat dit was om ‘n opregte hart teenoor God te hê.


Die Erns van Ongeloof

Die Erns van Ongeloof

by David Wilkerson |

    PDF     TXT   Print  Print

Daar is min toegewyde gelowiges wat aan hulleself dink as ongelowiges. Vir jare was ek in die war oor iets wat Jesus gesê het: “Sal die Seun van die mens, by sy koms nog geloof op die aarde vind?” (Lukas 18:8). Die vraag veronderstel nie net ‘n gebrek aan geloof op aarde nie, maar ook onder God se volk.


God Het Jou Nie Oorgeslaan Nie

God Het Jou Nie Oorgeslaan Nie

by David Wilkerson |

    PDF     TXT   Print  Print

Ons gaan terug na een van die donkerste dae in die geskiedenis van Israel. Op hierdie dag staan ‘n weduwee voor drie kiste, omring deur ‘n weeklagende menigte. In daardie treurende menigte was honderde ander weduwees, saam met ‘n groot groep gewonde soldate, party se wonde het nog gebloei.

In die middel hiervan was hierdie naamlose weduwee, wat amper nie voor die drie kiste kon staan nie. Verwagtend en in pyn, moes sy deur twee ander vroue ondersteun word. Hierdie vrou was geestelik en verstandelik dood, geheel-en-al oorweldig deur verdriet en pyn.



DISCLAIMER
Our policy is that all gifts designated for a specific project be applied to that project. Occasionally we receive more funds than can be wisely used for the designated project. When that happens, we use those funds to meet other similar pressing needs in the same country to advance the gospel.

  Back to Top