As God Jou Planne Verander

Carter Conlon

Goeie idee’s is nie altyd “God idee’s” nie. Ons sien dit in die lewe van die apostel Paulus: “En hulle het deur die land Frígië en Galásië gegaan, omdat die Heilige Gees hulle verhinder het om in Asië die woord te verkondig. En toe hulle by Mísië kom, het hulle probeer om na Bithínië te gaan, maar die Gees het hulle dit nie toegelaat nie” (Handelinge 16:6-7).