Die Krag van Opregtheid

Jim Cymbala

“Daarom, neem die volle wapenrusting van God op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring het, staande kan bly. Staan dan vas, julle lendene met die waarheid omgord, met die borswapen van die geregtigheid aan” (Efésiërs 6:13-14, AFR53).

Werp Twee Leuens van die Vyand Neer

Claude Houde

Dit is deel van jou grootste verantwoordelikhede teenoor jou gesin. God roep jou op om persoonlik te groei, want dit is onmoontlik om jou kinders te help groei as julle  as ouers nie groei nie.

Van die begin af het ons die neiging om sekere kennisareas te bevoordeel of te verwaarloos volgens ons agtergronde, persoonlikhede en lewens. Ons moet dus vir God vra om ons te help om ‘n gebalanseerde persoonlikheid te ontwikkel en te handhaaf, om ons familielede in hul groei te lei.

Gelei deur die Waarheid in ‘n Bedrieglike Era

Carter Conlon

In hierdie tyd waarin daar 'n magdom stemme en valse profete voorkom, moet ons besef hoe noodsaaklik dit is om 'n gesonde verstand te hê om God se stem duidelik te kan onderskei en ons onsself deur die waarheid te kan laat lei. As jy kies om jou met jou hele hart tot God te bekeer, sal Hy sy Woord en sy stem aan jou begin openbaar. “En jou ore sal ’n woord agter jou hoor wat sê: Dit is die weg, wandel daarop! wanneer julle regs of wanneer julle links wil gaan” (Jesaja 30:21).

Om ‘n Namaaksel te Onderskei

Gary Wilkerson

“En nou weet ek dat julle almal onder wie ek rondgegaan en die koninkryk van God verkondig het, my aangesig nie meer sal sien nie” (Handelinge 20:25).

Paulus het sonder ophou die evangelie van Jesus Christus verkondig en die kerke dag en nag geleer. Hy het ernstige vervolging verduur oral waarheen hy gegaan het, en toe hy deur die Heilige Gees geweet het dat hy gemartel sou word, het hy die ouderlinge van die kerk by Éfese byeengeroep. Terwyl hy sy liefde vir hulle aan hulle meegedeel het, het hy hulle ook met een belangrike riglyn gelaat.